20 Mei 2021
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, oftewel die OVK, het aangekondig dat hy die voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke aangewys het om ondersoek in te stel of ‘n vrye en regverdige verkiesing moontlik kan wees gegewe die huidige Covid-19 pandemie.
Vroeër is aangekondig dat die plaaslike verkiesing vanjaar op 27 Oktober gaan plaasvind.
Die voorsitter van die OVK, Glen Mashinini, het gesê politieke partye is verdeeld of vanjaar se verkiesing vry en regverdig sal wees. Hy het gesê ongeag die bevindinge sal die OVK gereed wees om die verkiesing in Oktober aan te bied.
Moseneke was die ondervoorsitter van die OVK tydens die land se eerste verkeising in sy huidige bestel in 1994.