Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

OVK gevra om inhegtenisname van joernalis by stempunt te ondersoek

1 November 2021

Amnestie Internasionaal in Suid-Afrika het ‘n beroep op die Onafhanklike Verkiesingskommissie gedoen om ‘n voorval in Orlando-Oos – in Soweto – te ondersoek waartydens ‘n joernalis by ‘n stempunt in hegtenis geneem is. 

Newzroom Afrika berig dat sy verslaggewer, Ziniko Mhlaba deur die polisie weggeneem is terwyl hy verslag gedoen het vanaf dié stempunt. Volgens Amnestie Internasionaal se uitvoerende direkteur in Suid-Afrika, Shenilla Mohamed is hulle bekommerd daaroor dat ‘n joernalis in hegtenis geneem is tydens die uitvoering van sy pligte.

LEES OOK: MEER AS 3,5-MILJOEN STEM TEEN 12:00

Sy meen verslaggewers moet toegelaat word verslag te doen oor die verkiesing en die stemmery sonder dat hulle verhoed of mishandel word – mits hulle binne die raamwerk van die wet optree.

Intussen het polisie in reaksie op die voorval gesê dat die joernalis en kameraman “met die kiesbeampte se werksaamhede ingemeng het.” Die polisie se woordvoerder, brigadier Vish Naidoo sê dit is jammer dat die voorval op ‘n konfrontasie uitgeloop het.

Naidoo sê die Gautengse provinsiale kommissaris is by die saak betrek en het hy die verslaggewer se vrylating bewerkstellig en ‘n ondersoek na die voorval gelas.

LEES OOK: SPESIALE STEMME: 83% VAN GEREGISTREERDE KIESERS DAAG OP

Newzroom Afrika het die voorval ook ten sterkste veroordeel en meen hulle personeel se veiligheid is uiters belangrik.

https://twitter.com/Newzroom405/status/1455088056311091209
https://twitter.com/Newzroom405/status/1455149390096736259

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WSU_Mthatha

Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet

Screenshot 2025-04-15 122837

Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

SONKRAG

Eskom reik tender uit om nuwe maatskappy vir hernubare-energie te begin

NWU

KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek

Screenshot 2025-04-14 151010

Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees

Ander Nuus Artikels

0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy
John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie
640px-03-BICcristal2008-03-26
Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk
108131625-1744651956550-gettyimages-2205093389-eisen_harvard031725_006
Amerikaanse regering bevries finansiering aan Harvard
WSU_Mthatha
Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet
Screenshot 2025-04-15 122837
Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende