16 September 2021
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hy is gereed vir dié naweek (18 en 19 September) se registrasienaweek waartydens Suid-Afrikaners vir 1 November se munisipale verkiesing kan registreer.
Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo het vanmiddag tydens ‘n mediakonferensie bevestig dat die kommissie gereed is vir registrasienaweek en het kiesers herinner dat hulle ook aanlyn kan registreer of enige inligting soos woonadres aanpas.
Volgens hom sal meer as 23 000 stemlokale landswyd Saterdag en Sondag oop wees sodat mense kan registreer. Ongeveer 48 000 kiesersbeamptes is opgelei vir die munisipale verkiesing.
Mamabolo sê 156 651 kiesers het reeds vanoggend suksesvol op die OVK se aanlyn stelsel geregistreer. Mense sal tot en met 20 September van dié aanlyn stelsel gebruik kan maak wanneer die verkiesingsdatum na verwagting geproklameer sal word.
Om aanlyn te registreer volg hierdie skakel.
Stem vir die Aitsa’s