12 Mei 2021
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, oftewel OVK het aangekondig dat die registrasie van kiesers vir die komende munisipale verkiesing op 17 en 18 Julie plaasvind.
Die OVK hou gewoonlik twee registrasie-naweke voor die verkiesing, maar hierdie keer sal daar net die een geleentheid wees glo weens ‘n geldtekort.
Volgens die kommissie sal sy 23 146 stemlokale gedurende dié twee dae van agt uur soggens tot 5 uur in die middae oop wees om nuwe kiesers by te staan en sodat reeds geregistreerde kiesers hul inligting kan opdateer.
Kiesers kan intussen ook registreer by plaaslike kantore van die OVK totdat die verkiesing, wat op 27 Oktober plaasvind, geproklameer is.