23 Julie 2021
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Glen Mashinini het vanmiddag tydens ‘n mediakonferensie bevestig dat hy ‘n verslag aanvaar het om vanjaar se plaaslike verkiesing uit te stel.
Die OVK moet nou die verkiesingshof of Grondwethof nader om die verkiesing amptelik uit te stel.
Mashinini sê dit is nog nie moontlik om te sê wanneer dié verkiesing, wat op 27 Oktober sou plaasvind, nou sal plaasvind nie.
LEES OOK: DIKGANG MOSENEKE STEL VOOR DAT VANJAAR SE PLAASLIKE VERKIESING UITGESTEL MOET WORD
Die besluit kom nadat die OVK vroeër die voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke aangestel het om ‘n verslag saam te stel oor die moontlikheid om steeds met vanjaar se plaaslike verkiesing voort te gaan – ondanks die Covid-19-pandemie.
Moseneke het vroeër vandeesweek sy verslag voorgelê en daarin aangevoer dat die verkiesing – volgens hom nie vry en regverdig sal kan voortgaan nie. Hy het daarom aanbeveel dat dit eers in Februarie volgende jaar gehou word.
#IEC The Independent Electoral Commission of South Africa (IEC) plans to head to court to have the local government elections postponed.
— newsnote (@newsnoteSA) July 23, 2021
IEC chairperson, Glen Mashinini, says the commission accept the recommendations in the Moseneke report pic.twitter.com/WtqBWPJLOI
Hou Afrikaans op die lug