Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

OUTA verwerp die regering se plan om ‘n R250 fooi in te stel om plek te bespreek by toetssentrums

7 September 2021

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) sê hulle sal die regering se planne – om fooie vir plekbesprekings te hef – teenstaan.

Dit kom nadat die departement van vervoer verlede week ‘n voorstel in die Staatskoerant gepubliseer het, waarin hy voorstel dat motoriste ‘n R250 fooi moet betaal om ‘n aanlyn plek te kan bespreek vir die hernuwing van rybewyse. Dié fooi is bykomend tot die gemiddelde R72 administrasiefooi, wat reeds betaal moet word.

LEES OOK: MEER AS 400 000 RYBEWYSE IN GAUTENG NOG NIÉ HERNU NIE

Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenhage sê die organisasie glo dat dit die regering se plig is om dienste aan die publiek te lewer, om te verseker dat die samelewing aan verskeie wette en regulasies voldoen, en dat géén diensfooie gehef moet word, as dieselfde fooi nié by instapdienste geld nie.

Talle Gautengse motoriste kla reeds ‘n geruime tyd dat hulle geen beskikbare plekke op die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se aanlyn-stelsel kry om hulle rybewyse te hernu nie. Die grasietydperk vir die hernuwing van rybewyse, wat tussen Maart 2020 en Desember 2020 verval het, is tot Maart 2022 verleng.

Duvenhage meen dit is onaanvaarbaar om van mense te verwag om ‘n R250 fooi te moet betaal, slegs om te kan begin met die proses om ‘n rybewys te hernu of om ‘n nuwe rybewys uit te neem.

LEES OOK: GRASIETYDPERK VIR HERNUWING VAN RYBEWYSE VERLENG

Die publiek het tot 3 Oktober kans om op dié voorstel te reageer.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

GpIavQ2WsAAYfFl

EFF-lede betoog oor Orania

Ander Nuus Artikels

Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene
dirk hermann4
Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende