OUTA sê nuwe ministers moet verantwoordbaar gehou word


Luister nou

Volgende

OUTA sê nuwe ministers moet verantwoordbaar gehou word

21 Junie 2024

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) meen ministers wat nie die mas kon opkom in hulle vorige portefeuljes nie, moenie deel wees van die nuwe kabinet van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) nie.

Die ANC se alliansievennoot, die vakbondfederasie, Cosatu, het op sy beurt ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om ministers aan te stel wat werkers se bekommernisse verstaan.

OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die organisasie stel meer belang in wie nié by die nuwe kabinet ingesluit moet word nie.

Hy sê veral die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, die minister van hoër onderwys, dr Blade Nzimande en die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga moet uit die nuwe kabinet gelaat word.

Duvenage sê OUTA doen baie werk aan projekte wat met dié departemente verband hou en het gevind dat die betrokke ministers gebrekkig is ten opsigte van doeltreffendheid en hoe hulle aanspreeklikheid vir wanadministrasie en korrupsie hanteer het.

Intussen wag ander organisasies en landsburgers ook in spanning oor wanneer president Cyril Ramaphosa sy kabinet gaan aankondig. Die woordvoerder in die presidensie, Vincent Magwenya sê by navraag hulle sal ’n mediaverklaring uitreik wanneer die president gereed is om ’n aankondiging te doen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

OUTA sê nuwe ministers moet verantwoordbaar gehou word


Luister nou

Volgende