Privaatvervolgingseenheid speel sleutelrol in ouers se skuldigbevinding


Luister nou

Volgende

Privaatvervolgingseenheid speel sleutelrol in ouers se skuldigbevinding

19 Oktober 2021

Foto: Advokaat Phyllis Vorster en Andrew Ludick, beide verbonde aan AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Twee ouers is in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en kinderverwaarlosing, nadat hulle hul baba sedert die ouderdom van vyf weke in Maart tot Julie 2020 mishandel het.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag opgetree in hierdie saak en ook die klaers in die saak bygestaan met die lê van strafregtelike klagtes by die SAPD.

Dié uitspraak volg nadat die eenheid in Julie 2020 twee dokters en ’n maatskaplike werker bygestaan het in die lê van strafregtelike klagtes teen die ouers.

Die dokters het reeds in April 2020 klagtes van kindermishandeling aanhangig gemaak en hoewel die polisie aanvanklik die saak ondersoek het, het hulle die besluit om nie te vervolg nie weens ’n gebrek aan bewyse.

Regter Hennie de Vos het in sy uitspraak die afleiding gemaak dat die baba een-en-dertig frakture opgedoen het as gevolg van aanrandings wat op ten minste vyf geleenthede toegedien is.

Al die dokters wat haar ondersoek en getuig het, stem saam dat dit waarskynlik is dat die baba kroniese mishandeling van ’n erge graad beleef het en sou kon beswyk aan haar beserings as sy nie mediese behandeling gekry het nie.

Die hof het die getuienis van al die dokters aanvaar en die weergawes van albei beskuldigdes verwerp.

Advokaat Phyllis Vorster van die privaatvervolgingseenheid sê die uitspraak is ’n oorwinning vir die slagoffer en daar moenie vergeet word dat die dokters wat die kind behandel het die werklike helde in hierdie saak is nie.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Privaatvervolgingseenheid speel sleutelrol in ouers se skuldigbevinding


Luister nou

Volgende