30 Junie 2022
‘n Ouerpaar wat hul sewe maande oue baba wou verkoop, is gistermiddag skuldig bevind op aanklag van kinderverwaarlosing, aanranding, en die versuim om ‘n geboorte te registreer.
Die ma is ook skuldig bevind op aanklag van mensehandel.
Die 36-jarige pa en 32-jarige ma het vandag in die hooggeregshof in Pretoria, wat in Benoni aan die Oos-Rand gesit het, verskyn.
Hulle is in November 2020 in hegtenis geneem nadat die ma in ‘n gemagtigde lokval hul sewe maande oue seun verkoop het.
Volgens getuies het die egpaar vir ‘n geruime tyd probeer om hul kind te verkoop.
Die aanvanklike prys vir die kind was R2000, maar dit is later verlaag na R500.
Die staatsaanklaer het tydens die verrigtinge versoek dat die ouers tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis word. Die regter het egter, weens die ernstigheid van die saak, die saak uitgestel na ‘n latere datum.
Die ouers se identiteit word weerhou om hul ander drie minderjarige kinders te beskerm.