20 Junie 2024
Die ouers van ‘n 2-jarige dogtertjie van Alberton is vanoggend deur regter Mokate Noko skuldig bevind aan haar moord.
Belinda en Stefan Bezuidenhout is daarvan beskuldig dat hulle Chané vermoor het deur drukking op haar nek te plaas. Sy is op 11 Mei 2021 in die oprit van haar huis in Alberton dood verklaar. Die ouerpaar is ook skuldig bevind op aanklagte van verkragting en kindermishandeling.
Hulle het vroeër in die hof aangevoer dat hulle onskuldig is, maar het wel erken dat hulle dwelms en alkohol misbruik het. Volgens bewysstukke is Chané voor haar dood erg mishandel.
Hulle sal na verwagting binnekort gevonnis word.
Foto: Netwerk24