14 Oktober 2021
Die Good-party se nuutverkose burgemeesterskandidaat vir die Drakenstein-munisipaliteit, Peter de Villiers het ‘n ope brief aan die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille geskryf waarin hy sy misnoeë uitspreek oor ‘n video wat sy op haar sosiale media gedeel het.
Dit kom nadat Zille ‘n video gedeel het net nadat die oud-Springbok aangekondig het dat hy die politiek gaan betree. Volgens De Villiers is hierdie video op so ‘n manier gemanipuleer sodat dit klink asof hy sê dat hy by Good aangesluit het weens sy leier, Patricia de Lille se “korrupsie-geskiedenis.”
LEES OOK: BEKROONDE SPRINGBOKAFRIGTER NOU BURGEMEESTERSKANDIDAAT
Volgens hom het hy in die oospronklike video gesê dat hy De Lille ondersteun omdat sy aanhou om téén korrupsie te veg.
Hy meen sy het gekies om die video te deel al is dit volgens hom onwaar. “Zille, jy is ‘n voormalige joernalis, maar dit blyk asof jy respek vir die waarheid verloor het. Ek hoop jy sal dit in jou hart kan vind om om veskoning te vra.”
Peter de Villiers has requested an apology from Helen Zille after she shared a faked video about him last month.
— Mark Rountree (@mark__rountree) October 14, 2021
The former coach of the Springboks told Zille that “if we want a good country, we have a duty to lead by example.”
(real and faked version shared by Zille 👇🏻) https://t.co/XoDnkjcVAN pic.twitter.com/ALE44gQdLn
Stem vir die Aitsa’s