23 April 2022
Die oud-Springbok rugbyspeler, Pedrie Wannenburg is gister in die ouderdom van 41 in ‘n motorongeluk in Amerika oorlede.
Hy het saam met sy gesin in Houston in Texas gewoon. Sy vrou, Evette en die egpaar se dogter het die motorongeluk oorleef.
Hulle seuntjie, Francois is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
Wannenburg was ook ‘n voorspeler vir die Blou Bulle. Die spanbestuurder, Willem Strauss het sy medelye betuig en het ‘n foto van Strauss in aksie gedeel.