27 Junie 2022
Die oud-EFF-leier in Noordwes, Betty Diale, word daarvan beskuldig dat sy glo nagenoeg R700 000 se fondse van ongelukslagoffers gesteel het.
Dit volg nadat persone, aan wie die Padongelukkefonds eise uitbetaal het, gekla het dat hulle nie R700 000 ontvang het nie.
Die bedrag is na bewering in die 52-jarige Diale se trust-rekening inbetaal. Sy het ten tyde van die beweerde misdrywe, wat tussen 2009 en 2011 plaasgevind het, as prokureur gepraktiseer.
Diale is in Junie verlede jaar van bedrog aangekla en het vandag in die landdroshof in Rustenburg verskyn.
Die saak is tot Augustus uitgestel.