28 November 2022
Die omroeper en kenner van klassieke musiek, Lorraine Camisani, is in die ouderdom van 76 jaar, in die Zuid-Afrikaans-Hospitaal oorlede.
Sy is behandel vir Covid-19 verwante simptome.
Camisani was vir etlike jare by programme op die destydse Radio Pretoria – en later Pretoria FM – betrokke.
Sy was veral bekend vir haar program, Dís Carte Blanche.
Camisani word oorleef deur haar seun, Fernado, en skoondogter, Petra. Luister vanmiddag na Klankkoerant vir ‘n huldeblyk.