12 Oktober 2021
Gimnastiek Suid-Afrika het bevestig dat ‘n voormalige afrigter, wat voorheen by die federasie geregistreer was, in hegtenis geneem is op aanklagte van seksuele oortreding.
Die woordvoerder van Gimnastiek SA, Jaco-Louis Groenewald het bevestig dat die voormalige afrigter in hegtenis geneem is en sê hulle kan nie die persoon se identiteit bevestig nie.
Volgens Groenewald beskou hul die bewerings in ‘n ernstige lig en meen die geestelike- en fisiese welstand van gimnaste is ‘n prioriteit. Hy sê in die lig van die bewerings het hulle besluit om die persoon te verbied om weer as ‘n lid van Gimnastiek SA te registreer, terwyl die saak hangende is.
Hy sê hulle stel ook voor dat hy uit die Internasionale Gimnastiek Federasie (FIG) en ook van hul webtuiste geskors word.
“Gimnastiek SA het ook onderneem om die polisie te ondersteun met sy ondersoek. Ons volg tans ook op met alle gimnastiekklubs waar hy afgerig het om hulle by te staan met hul eie ondersoeke en ook oor die beweerde gebruik van ongeregistreerde afrigters.”
Stem vir die Aitsa’s