29 November 2021
Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, na die gevangenis op Port-Elizabeth verskuif is ter voorbereiding van ‘n vergadering met sy slagoffer, Reeva Steenkamp, se ouers.
Pistorius kom in aanmerking vir parool nadat hy die grootste deel van sy straf uitgedien het vir die valentynsdag-moord op sy vriendin in 2013.
‘n Woordvoerder van die departement, Singabakho Nxumalo sê die vergadering vorm deel van die dialoog-proses tussen die oortreder en die slagoffer se naasbestaandes.
Hy sê die gesprek is ingesluit in die rehabilitasie-proses waarin daar van die oortreder verwag word om die skade wat hy die slagoffers en die gemeenskap aangedoen het, te erken.
Nxumalo sê dit is ‘n interne proses en die departement kan nie kommentaar lewer oor die vordering of tydsraamwerk van die proses nie.
Hy sê ook die feit dat die Steenkamps ingestem het dat die gesprek kan plaasvind is ook nie ‘n waarborg dat Pistorius wel op parool vrygelaat gaan word nie
Stem vir die Aitsa’s