Organisasies staan onderwysdepartement se beplande wysigingswetsontwerp teen


Luister nou

Volgende

Organisasies staan onderwysdepartement se beplande wysigingswetsontwerp teen

14 Februarie 2022

Die vakbond, Solidariteit het sy misnoeë uitgespreek met die onderwysdepartement se beplande wysigingswetsontwerp wat verlede week in die parlement ter tafel gelê is.

Volgens die wetsontwerp wil die departement die gesag van die provinsiale departementshoofde versterk met betrekking tot skole se taalbeleid, en oor die toelating van leerlinge by openbare skole.

Solidariteit se dr. Dirk Hermann sê dit is niks anders nie as staatskaping van skole nie.

Hermann sê hoewel hulle insette oor die wysiging gelewer het, is hy bang dat dit nie in ag geneem is nie.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is die rede hiervoor duidelik – die departement wil steeds meer mag in eie hande sentreer, en dan spesifiek die Afrikaanse gemeenskap van hulle reg tot onderrig in Afrikaans ontneem.

“Kinders se belange en toekoms word weer eens ’n speelbal in die hande van die magsbehepte staat. AfriForum sal alle middele tot ons beskikking aanwend om te sorg dat die toekoms van Afrikaans, Afrikaanse skole en Afrikaanse kinders teen hierdie haatgedrewe aanslag beskerm word,” het sy bygevoeg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Organisasies staan onderwysdepartement se beplande wysigingswetsontwerp teen


Luister nou

Volgende