24 Januarie 2025
Die presidensie sê die Onteieningswet is deur president Cyril Ramaphosa onderteken om die onteienings-wetgewing met die Grondwet te belyn.
Ramaphosa het gister die wet onderteken wat bepaal hoe die regering grond in die openbare belang mag onteien.
Die ondertekening van die wet gaan egter deur onder meer die DA, die VF Plus en ActionSA in die hof betwis word.
Die ANC beskryf dit as ‘n belangrike mylpaal in Suid-Afrika se transformasie-agenda.
AgriSA sê hy is daartoe verbind om eiendoms-waardes en regte te verdedig en sal alle nodige hulpbronne in oorleg met regskenners gebruik om die beginsels te handhaaf.
TLU SA meen dit is ‘n donker dag vir Suid-Afrika en ‘n ernstige aanval op die grondslag van eiendomsreg wat die Suid-Afrikaners bedreig. Ook AfriForum meen die RNE het ‘n sogenaamde oorlog teen private eiendomseienaars verklaar deur die wetsontwerp te onderteken.
Die organisasie se hoof van openbare betrekkinge, Ernst van Zyl sê AfriForum sal alles in die stryd werp om mense teen onteiening sonder vergoeding te beskerm.