Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Organisasies, en politieke partye sal hof nader oor ramptoestand

10 Februarie 2023

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê hulle is teleurgesteld in die staatsrede wat president Cyril Ramaphosa gisteraand gelewer het.

Outa sê in ‘n verklaring dat die president baie probleme uitgewys het, maar geen oplossings daarvoor gebied het nie. Die organisasie het ook die ramptoestand wat Ramaphosa gisteraand oor die kragkrisis verklaar het, verwerp.

Outa sê hulle is van mening dat die ramptoestand nié die oplossing vir die volhoubare voorsiening van elektrisiteit in Suid-Afrika is nie.

Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, sê hulle beplan om ondersoek in te stel na die besluit. 

LEES OOK: RAMPTOESTAND OOR KRAGKRISIS AFGEKONDIG; SOLIDARITEIT BEGIN MET REGSTAPPE

Intussen wil dit voorkom asof die howe se drumpels deurtrap gaan word ná gister se staatsrede.

Nadat die politieke partye – die UDM en BOSA, asook die vakbonde NUMSA, SAFTU, en HAITU reeds vóór die Staatsrede bekend gemaak het dat hulle die hof sal nader indien ‘n ramptoestand oor die elektrisiteitskrisis afgekondig word, het ander instellings ook intussen aangedui dat hulle besig is om hofstukke voor te berei.

Die hoof uitvoerende beampte van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, het reeds voor die afsluiting van die Staatsrede op die solsiale media aangedui dat dié instelling gisteraand al begin het om met hul regsverteenwoordigers te beraadslaag oor regsoptrede.

Die leier van die die DA, John Steenhuisen, het na afloop van die verrigtinge in die Kaapstadse Stadsaal ook aangedui dat sý party hulle tot die hof sal wend in ‘n poging om die ramptoestand te stuit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende