31 Julie 2023
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan al nege provinsiale hoofde van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gebring.
Volgens die organisasie se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, versoek hulle inligting oor die aantal onwettige inhegtenisnemings wat SAPD-lede die afgelope vyf jaar uitgevoer het, asook hoeveel geld bestee word aan regskoste om die lede te verdedig en die skikkingskoste wat aan slagoffers betaal word.
Hy sê dié aansoek kom op ’n deurslaggewende tyd, aangesien voorvalle van polisiebrutaliteit in Suid-Afrika aan die toeneem is en dat deursigtigheid oor die aard en frekwensie van hierdie voorvalle ’n integrale deel van die proses is om dié probleem te probeer oplos.
“Ongelukkig is daar SAPD-lede wat blykbaar nie weet wanneer hulle veronderstel is om arrestasies uit te voer en wanneer nie,” sê Broodryk.
