27 November 2021
Die Orania Beweging het in ‘n mediaverklaring gereageer op berigte dat dié Noord-Kaapse dorp deel vorm van die Thembelihle Munisipaliteit, waar ‘n EFF-burgemeester onlangs ingehuldig is.

Die uitvoerende hoof van die Orania Beweging, Joost Strydom sê dié berigte is misleidend omdat Oraniërs sedert 2000 hulle eie munisipale bestuur verkies nadat ‘n skikking, wat Orania se onafhanklike munisipale status bevestig, deur die Hooggeregshof bekragtig is.
LEES OOK: ORANIA HOU SY EIE VERKIESING
Strydom meen met ‘n EFF-burgemeester, Leonard Makena wat nou deur die raadslede van die munisipaliteit aangewys is, is die berig verder deur sensasie aangevuur.
Hy het benadruk dat Orania steeds sy eie dienslewering en ander funksies wat met munisipale bestuur gepaard gaan lewer sonder enige eksterne ondersteuning of finansiering.
Volgens Strydom is Orania deel van ‘n groter omgewing deur goeie verhoudinge, maar steeds in beheer van sy eie munisipale bestuur.
Stem vir die Aitsa’s