1 November 2021
Terwyl die res van die land in toue staan om tot vanaand om 21:00 in die plaaslike regeringsverkiesing te stem, hou Orania in die Noord-Kaap vandag hulle eie unieke verkiesing.
Die uitvoerende hoof van die Orania-beweging, Joost Strydom sê Oraniërs stem vir Oraniërs na ‘n hofsaak in 2000, wat hul ‘n unieke munisipale bestel gee. Dit beteken dat Orania sy eie munisipale bywette kan maak, hul eie verteenwoordigers verkies en self op munisipale heffings besluit.
Volgens hom het kiesers sedert vanoggend in groot getalle opruk om in die verkiesing van die gemeenskap se Verteenwoordigende Raad te stem.
Strydom sê dié verkiesing is `n bevestiging van Orania se selfstandigheid.


Stem vir die Aitsa’s