17 Maart 2023
Pretoria FM het onlangs deeglike navorsing gedoen onder hul luisteraars oor die inhoud en programme wat op dié radiostasie uitgesaai word. Nadat die terugvoer ontleed is, is daar besluit om ‘n paar opwindende veranderinge aan die programskedule aan te bring.
Luisteraars kan van April af ondermeer uitsien na ‘n nuwe Sondagskedule, met nuwe programme, nuwe tydgleuwe vir ‘n paar bestaande programme en selfs ‘n nuwe stem.
Pretoria FM gaan ook ons nuusaanbod oor naweke vergroot, met meer gereelde nuusbulletins. Nuus en aktualiteit onder die handelsnaam “Klankkoerant” is een van Pretoria FM se vlagskipprodukte.
Van die vernaamste programveranderings op Sondae sluit in:
- ‘n Splinternuwe geestelike musiekprogram van 12:00 – 13:00, genaamd Jubel!, aangebied deur Esté Gross.
- Die gewilde klassiekemusiekprogram, Wat’s nuut? Dis klassiek! (WNDK) sal voortaan tussen 13:00 en 14:00 uitgesaai word. Die program word ook aangebied deur Esté Gross. In dié program nooi Gross bekende kunstenaars van regoor die land om te kom gesels oor hul loopbane en projekte. Verder word daar ook gekyk na nuwe internasionale vrystellings. Daar is ook verskeie kenners wat bydraes lewer in die program. Elretha Britz van Netwerk24 kyk na die konsertgids van die week, terwyl Dr Louisemarie Combrink, kunsgeskiedenisdosent van die NWU op ‘n vermaaklike manier nuwe ontdekkings en nuus uit die kunswêreld deel.
- Dan spog die stasie met nog ’n splinternuwe program op Sondae, Op die Podium, aangebied deur Jaco van Staden. Die program sal hoofsaaklik fokus op musiek deur plaaslike orkeste terwyl Jaco stories en staaltjies oor die musiek en die kunstenaars deel. Jaco het sy MMus graad in Uitvoerende Kunste verwerf aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Peter Griffiths asook ’n Onderwyslisensiaat in Franse horing aan Unisa. Hy is tans besig met sy doktorsgraad in kamermusiek aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Dr Ben Schoeman. As dirigent studeer hy onder die Nederlandse dirigent Gerben Grooten. Hy het ook studeer aan die Universiteit van Musiek en Kuns in Wene, Oostenryk en ontvang privaatonderrig by Professor Georg Mark by die Weense Volksopera. Jaco is tans verbonde aan die FAK waar hy as dirigent van die Jeugsimfonieorkes en voorsitter van die FAK-sangbundelkomitee dien. Hy is ook dosent in ensemble-uitvoering en dirigeerkuns aan die Universiteit van Pretoria, asook koperblaasonderwyser by Afrikaanse Hoër Seunskool en Afrikaanse Hoër Meisieskool, met Franse horing as spesialisinstrument.
Die nuwe Pretoria FM Sondagskedule lyk soos volg:
06:45 Sabbatstonde – aangebied deur Dr Christo Pretorius
07:05 Kerkaktueel – aangebied deur Jaco Versfeld
08:00 Nuus
08:05 Leef jou lied – aangebied deur Hannes van der Merwe en Braam van Tonder
09:00 Oggenderediens
10:00 Nuus
10:05 Laat alles wat asem het – aangebied Esté Gross
11:00 Nuus
11:10 Sondagkeur – aangebied deur Esté Gross
12:00 Jubel! – aangebied deur Esté Gross
13:00 Nuus en reisigersweer
13:05 Wat’s Nuut? Dis Klassiek! (WNDK) – aangebied deur Esté Gross
14:00 Onthou om te onthou – aangebied deur Esté Gross
15:05 Uit My Platerak – aangebied deur Heinrich Marnitz
16:00 Intermezzo – aangebied deur Marianne Breytenbach
17:05 Allegaartjie – aangebied Jaco Versfeld
18:00 Nuus
18:05 Uit die hart – aangebied deur Jan Swanepoel
19:00 Aanderediens
20:00 Nuus
20:05 Maak My U Weë Bekend – onder leiding van Dr Hennie Botes
20:30 Op die podium – aangebied deur Jaco van Staden
21:00 Serenade – aangebied deur Tienie Mans
22:00 Wat Sê die Musiek – aagbied deur Bets Botha-Steenekamp
23:00 Wat’s nuus? Dis Klassiek! (H) deur Esté Gross
Vir meer besonderhede, kontak
Sarina Bosman
Adviseur Programme: Pretoria FM
Tel 082-471-3553