13 Maart 2023
Eskom het aangekondig dat hy die afgelope 24 uur daarin kon slaag om ‘n aantal opwekkingseenhede weer in werking te stel en dat hy nie tans beplan om vanaand fase 5-beurtkrag in te stel nie.
Terwyl fase 4-beurtkrag tans toegepas word, het die kragvoorsiener beplan om fase-5 beurtkrag vanaf 16:00 vanmiddag af in te stel.
Volgens die nutsmaatskappy sal fase 4-beurtkrag nou deurentyd toegepas word tot nadere kennisgewing.
Daar word egter gewaarsku dat die toestand op kort kennisgewing kan verander en Eskom het onderneem om verbruikers van enige nuwe verwikkelinge in te lig.