Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Opwekking van 100MW elektrisiteit sonder lisensie in Staatskoerant gepubliseer

13 Augustus 2021

Die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe het die regulasies vir selfopwekking van elektrisiteit in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens die regulasies kan ondernemings nou hul eie krag opwek, tot en met die perk van 100 Megawatt.

Dit beteken dat groot kragverbruikers soos myne en smelters oor die volgende maande voluit sal kan werk om in hul eie behoeftes te voorsien.

Die VF Plus het in reaksie hierop gesê dat hierdie verwikkeling later ‘n waterskeidingsoomblik in Suid-Afrika se geskiedenis kan beteken.

VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, dr. Wynand Boshoff sê selfbeskikking is ‘n politieke denkbeeld wat slegs werklikheid kan word indien dit ‘n ekonomiese basis het. “‘n Belangrike struikelblok om daardie basis te bou, is nou uit die weg geruim,” sluit Boshoff af.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende