18 Maart 2022
‘n Werknemer van die G4S transito maatskappy is gisteraand per helikopter na die hospitaal geneem, na ‘n transitorooftog omstreeks 21:00 gisteraand op die N4 naby die Watermeyer-afrit in Pretoria.

Sy kollega is ook na die hospitaal gehaas, na ‘n onbekende aantal verdagtes gisteraand op die geldwa losgebrand het.
Die snelweg was vir etlike ure na die voorval gesluit.
Die rowers het van springstof gebruik gemaak om die wa oop te skiet, en het in drie voertuie van die toneel gevlug.
Die polisie het nog geen inligting verskaf oor die roof nie