Opvolg: Weerdiens sê weerverskynsel in KZN was nié ‘n tornado nie


Luister nou

Volgende

Opvolg: Weerdiens sê weerverskynsel in KZN was nié ‘n tornado nie

29 Junie 2023

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat die “tornado” in KwaZulu-Natal, nié ‘n tornado was nie. 

Volgens die Weerdiens was die roterende draaikolk eintlik ‘n grondtuit wat net soos ‘n tornado lyk. ‘n Grondtuit rig na bewering minder skade aan as ‘n tornado.

Intussen het die dodetal na afloop van die gure weer en die tornado in Inanda en Phoenix in die eThekwini-metro tot vier gestyg. Een persoon is ook nog vermis.

Die departement van samewerkende regering in KwaZulu-Natal sê hul voorlopige verslae dui ook daarop dat grootskaalse skade aangerig is aan pad-infrastruktuur, elektrisiteitsnetwerke en huise.

Ten minste 70 huise is vernietig na die tornado Dinsdag deur die woonbuurte van Phoenix en Inanda beweeg het. ‘n Verdere 110 huise en 10 skole is beskadig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Opvolg: Weerdiens sê weerverskynsel in KZN was nié ‘n tornado nie


Luister nou

Volgende