Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: Vrystaatse man in vloede meegesleur; drie in Gauteng vermis

5 Februarie 2022

Die 59-jarige terreinbestuurder van die Doornkloof Voortrekkerplaas buite Lindley in die Vrystaat is gisteraand in vloedwaters dood toe hy ‘n groep kinders, wat ‘n skool koorkamp bygewoon het, na veiligheid gebring het.

Die gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat, Willie Engelbrecht sê Chris Giliomee het gaan kyk of alles reg is by die koorlede van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem. 

Engelbrecht het op die Voortrekkers se Facebookblad gesê dat dit gistermiddag begin reën het en na 22:00 gisteraand het daar reeds meer as 100 mm reën geval. Giliomee het boere in die omgewing gehelp om die kinders na veiligheid te bring voordat hy meegesleur is. Die Hoërskool Witteberg het boere in die Lindley-omgewing bedank vir hulle hulp en sê die kinders is almal veilig in Bethlehem.

LEES OOK: KYK: SWAAR REËNVAL VEROORSAAK KITSVLOEDE EN OORSTROMINGS IN GAUTENG

Intussen is nooddienste steeds opsoek na drie mense wat vanoggend vermis geraak het te midde van kitsvloede en oorstromings in Midstream, Centurion. 

Swaar reënval het daartoe gelei dat talle paaie en brue in dié gebied asook in ander dele van Gauteng oorstroom het. In Centurion moes vier mense gisteraand deur nooddienste gered word nadat hulle in ‘n motor op die Ou Pretoria-Weg in vloedwater vasgekeer is. 

Die Tshwane-metro het in ‘n verklaring gesê dat mense bygestaan word wie se huise in die vloede beskadig is. Mamelodi in die ooste van Pretoria is ook erg geraak.

https://twitter.com/CityTshwane/status/1490046936057057282
https://twitter.com/niqita11/status/1489904634349199361
https://twitter.com/ReenvalSA/status/1489914057884901378

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

DADA2

ActionSA sal nié JHB-burgemeester tydens mosie van wantroue steun nie

ChatGPT Image Jun 25, 2025, 10_01_18 AM

Sportweddenskappe klop die “lotto”

GoKlQThXEAE6Kax

Malusi Gigaba keer Showmax-episode “wat sy reputasie skade kan berokken”

PASPOORTE

Meningsopname: 49% van jong, opgeleide volwassenes sal emigrasie oorweeg

Zuma-Twitter-1

AfriForum kry lasbriewe gereed ná Zuma steeds nie vir regskoste opdok

Ander Nuus Artikels

DADA2
Opvolg: Mosie van wantroue in JHB-burgemeester misluk
Derdeweg Montana
“Swak dienslewering in die Tshwane-metro duur net voort”
Eskom
Munisipaliteite skuld Eskom saam meer as R100-miljard
DADA2
ActionSA sal nié JHB-burgemeester tydens mosie van wantroue steun nie
ChatGPT Image Jun 25, 2025, 10_01_18 AM
Sportweddenskappe klop die “lotto”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende