23 Maart 2022
Die vrou, wat gister die jongste slagoffer van die Voëlklippad in Heroldsbaai in die Wes-Kaap geword het, is geïdentifiseer as die 57-jarige voormalige verpleegster van George, Jo-Anne Lourens.
Die polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie sê Lourens was alleen in die voertuig toe paramedici omstreeks 4 uur gistermiddag by die toneel aangekom het.
LEES OOK: NÓG ‘N PERSOON VERLOOR HAAR LEWE BY VOËLKLIP
Volgens Lourens se dogter, Jessica Hapgood-Strickland is haar ma as vermis aangemeld toe sy verlede Donderdag by haar dogter se huis in die Geelhoutboom-gebied in haar wit Chevrolet Aveo 2006 weg is.
Hapgood-Strickland sê die familie is geskok deur die voorval. Volgens haar was haar ma ook verlede Woensdag by Voëlklip waar sy haar moes gaan oplaai het.
Die pad het reeds sedert 2015 talle lewens geeïs