5 April 2022
Die bejaarde vrou, wat die afgelope naweek by Voëlklip geskiet is, het ook aan haar wonde beswyk.
Die polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie het bevestig dat die vrou ook aan haar wonde beswyk het nadat haar man op die toneel dood verklaar is.
Hy sê die egpaar het van hul huis in Heroldsbaai na ‘n bankie bo-op die roete gestap waarna die man na bewering eers sy vrou, en toe homself geskiet het.
LEES OOK: NOG ‘N PERSOON DOOD BY VOËLKLIP
‘n Hengelaar het Sondagmiddag op die twee afgekom en paramedici ontbied.
Die man het by hul aankoms op die toneel reeds aan hul wonde beswyk.
Die egpaar – wat in hulle sewentigs was – se naasbestaandes het die polisie versoek om nie die oorledense se name aan die media bekend te maak nie.