9 Februarie 2022
Te midde van toenemende kritiek en oproepe dat Dali Mpofu uit die Regterlike Dienskommissie verwyder word, dring die advokaat daarop aan dat sy vrae tydens die onderhoude vir Suid-Afrika se nuwe hoofregter nie persoonlike aanvalle was nie.
Die Algemene Balieraad is oorval met versoeke van individue en onderskeie balies wat vra dat Mpofu op die RDK vervang moet word oor sy optrede verlede week.
LEES OOK: VERENIGING EIS DALI MPOFU SE VERWYDERING UIT REGTELIKE DIENSKOMMISSIE
Die Algemene Balieraad het gesê dit lyk of Mpofu die RDK in oneer gebring het deur sy ondervraging en behandeling van die Gautengse regterpresident, Dunstan Mlambo, waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, en die president van die Hoogste Hof van Appèl, regter Mandisa Maya.
Mpofu het egter volgehou dat daar niks persoonliks was toe hy Mlambo vrae oor seksuele teistering gevra het nie al is dit net op gerugte gegrond.
Mpofu sê hy het ook gesê dat sy leierskap en administratiewe vaardighede ongeëwenaard is en gevra waarom hy so iets sou sê as hy ‘n byltjie te slyp gehad het met Mlambo.