Die lugvaart-soek-en-reddingskoördineringsentrum (ARCC) het bevestig dat die wrak van die ligte vliegtuig, wat gister in die Greytown-gebied in KwaZulu-Natal vermis geraak het, gevind is.
Die liggame van die drie insittendes is in die wrak van die Piper Cherokeee gevind. Nqobile Biyela was ‘n studentevlieënier.
Die vliegtuig het gistermiddag van die Virginia-vliegveld af opgestyg het, en oor Ladysmith gevlieg. Dit was veronderstel om óf op Pietermaritzburg óf Greytown te land.
Netwerk24 berig dat dit blykbaar een van drie vliegtuie was wat van die Virginia-lughawe opgestyg het vir ’n oefenvlug.
Die polisie sal die ongeluk ondersoek.