5 April 2022
Die Gauteng Verkeerspolisie sê hy ondersoek die voorval waartydens ‘n ryloper in ‘n winkeltrollie op die N1 snelweg in Pretoria agteraan ‘n vragmotor gery het.
Die gevaarlike saamrygeleentheid in die trollie is op beeldmateriaal vasgevang, en het Sondag in nat weerstoestande op die snelweg plaasgevind.
Die verkeerspolisie het in ‘n verklaring ‘n beroep op rylopers gedoen om nie hul eie lewens, en die van ander motoriste in gevaar te plaas nie.
Die verkeerspolisie sê die man kan gevangenisstraf van tot ‘n jaar in die gesig staar vir sy waaghalsige trollierit.