30 Maart 2022
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersvakbond (SAOU) en die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika (Naptosa) versoek dat die onderwysdepartement ondersoek instel rakende die dood van twee seuns tydens ’n rugbytoer in KwaZulu-Natal.
LEES OOK: TWEE SKOOLSEUNS VERDRINK IN SEE TYDENS RUGBYTOER
Malatswa Kgasago (18) en Kamsi Ezeugo (17) van Hoërskool Birchleigh, in Kempton Park, het Sondag verdrink toe hulle saam met hul spanmaats en onderwysers by Durban se Noordstrand gaan swem het.
Daar moet ondersoek ingestel word om te bepaal of iemand te blammeer is, het Chris Klopper die hoof van SAOU gesê.
“Daar moet ook egter ingedagte gehou word dat dit net ’n ongeluk kon wees. Ons almal weet die see is gevaarlik.”
Naptosa versoek dat die ondersoek gebalanseerd moet wees.
LEES OOK: ONDERHOOFSEUN EEN VAN SEUNS, WAT OP RUGBYTOER VERDRINK
Albei vakbonde het hul medelye vir die vriende, onderwysers en familielede van die seuns betoon.
Die Gautengse Onderwysdepartement het teen Dinsdagmiddag nog geen stappe ná die voorval geneem nie.