Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: Twee Covid-19-pasiënte sterf in Limpopo-hospitaal brand

4 Mei 2021

Die twee mense, wat dood is toe ‘n brand vanoggend by die F.H. Odendaal-hospitaal in Nylstroom/ Modimolle in Limpopo uitgebreek het, was Covid-19-pasiënte.

Volgens die LUR vir gesondheid in Limpopo, dr. Phophi Ramathuba was een van die oorledenes ’n gevangene wat vir die koronavirus in die hospitaal behandel is. Sy meen beide slagoffers was reeds in ‘n bedenklike toestand nog voor die brand.

LEES OOK: BRAND BREEK BY NÓG ‘N HOSPITAAL UIT

Dié brand het omstreeks half 4 vanoggend in die Covid-19-saal uitgebreek. Verpleegsters het glo probeer om self die vlamme te blus terwyl hulle op die brandweer gewag het.

Volgens die gesondheidsdepartement kon vier pasiënte uit die saal gered word.

Intussen sê die VF Plus lid van die provinsiale wetgewer asook die provinsiale leier in Limpopo, Marcelle Maritz dat Ramatuba streng moet optree oor die stand van hospitale in dié provinsie.

Sy meen die departement van gesondheid in Limpopo moet verantwoordelik gehou word vir die swak bestuur, gebrekkige infrastruktuur en gepaardgaande veiligheidsrisiko’s wat meeste hospitale in die provinsie inhou.

Volgens Maritz het die party ook ‘n skrywe aan die Menseregtekommissie gerig oor dié voorval.

Dié brand kom slegs twee weke nadat ‘n brand ook by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg uitgebreek het.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende