21 Februarie 2023
Die Speaker van die Tshwane-metro, Murunwa Makwarela, het berigte ontken dat hy dalk binnekort die koalisieregering in dié metro gaan verlaat, en hom in die opposisiebanke gaan bevind.
Makwarela, die enigste Cope-lid in die metroraad het vanoggend ‘n mediakonferensie oor die gebeure in die Tshwane-metro gehou.
Die gerugte doen die rondte na Makwarela gister gesê het dat Randall Williams se bedanking op die 13de Febraurie in werking getree het, en nie eers aan die einde van die maand nie.
LEES OOK: LUISTER: TSHWANE-METRO SPEAKER VERANDER SY DEUNTJIE OOR BURGEMEESTER
Makwarela sê hy het staatgemaak op ’n eksterne regsmening om by die gevolgtrekking te kom.
Hy sê die fokus van die raad moet nou skuif na die verkiesing van ’n nuwe burgemeester.
Makwarela kon egter nie sê wanneer die spesiale raadsvergadering gehou sal word om die nuwe burgemeester te verkies nie.