22 Oktober
Leerlinge van die Curro Heuwelkruin-skool in Pietersburg (Polokwane) het ‘n bidsessie gehou vir hulle skoolmaats, wat Woensdagoggend op pad skool toe, ontvoer is.
Die boeties Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en Zidan (6) is ontvoer in ‘n beweerde kaping, maar teen Vrydag laatoggend was daar steeds geen nuus van hulle nie. Die 64-jarige bestuurder van die silwer BMW, waarin die broers was, is agtergelaat.
LEES OOK: OPVOLG: FAMILIE VAN ONTVOERDE BROERS VRA VIR HULP
Hulle pa, ‘n bekende sakeman in Pietersburg, Nazim Moti het ‘n beroep op die publiek gedoen om na sy kinders te help soek. Moti se prokureur, Philip Smit het vanoggend gesê hulle het nog geen nuus nie en kon nie sê of daar al kontak met hom of die polisie gemaak is nie.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Motlafela Mojapelo sê ‘n hoëvlak-taakspan soek na die kinders.
LEES OOK: OPVOLG: SOEKTOG NA ONTVOERDE BROERS BREI NA ANDER PROVINSIES UIT
Intussen het die departement van maatskaplike ontwikkeling gesê dat ‘n maatskaplike werker na die skool en die seuns se ouers gestuur is om die nodige bystand te bied.
Stem vir die Aitsa’s