22 Februarie 2023
‘n Raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit Sybrand Smit sê inwoners is wel gewaarsku oor moontlike oostromings, voor daar besluit is om ekstra sluise by die Vaaldam oop te maak.
Inwoners van Lochvaal in Vaderbijlpark het gister met regsaksie gedreig teen die departement van water en sanitasie asook Rand Water, oor die besluit om meer sluise by die dam oop te maak.
Volgens inwoners kon die vloede voorkom word.
LEES OOK: LUISTER: “ONS HET ALLES VERLOOR,” VERTEL EMOSIONELE INWONER NÁ VAAL-VLOEDE
Smit sê mense wat stroomaf bly het egter nie ag geslaan op die waarksuwing nie, en het dit afgemaak as ‘n grap.
Die departement sê hy was genoodsaak om meer sluise oop te maak, weens die groot hoeveelheid reen wat in die dam se opvangsgebied uitgesak het.