Opvolg: Raad aanvaar student se Afrikaanse sertifikaat, hy mag nou registreer


Luister nou

Volgende

Opvolg: Raad aanvaar student se Afrikaanse sertifikaat, hy mag nou registreer

22 Februarie 2022

‘n Sielkunde student, wat nie vir sy meestersgraad kon registreer nie omdat die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) nie sy Afrikaanse honneursgraadsertifikaat wou aanvaar nie, is nou wel geregistreer – ‘n dag na Internasionale Moedertaaldag.

AfriForum het verlede week aangekondig dat die organisasie Du Toit Genis bystaan met ’n regsgeding teen dié raad, nadat sy aansoek om registrasie geweier is.

Genis is tans besig met sy meestersgraad in Sielkunde. Ten einde sy studies te kan voltooi, moes hy by die raad as intern sielkundige registreer en onder meer ’n kopie van die sertifikaat wat bevestig dat hy in 2018 ’n honneursgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal het, indien.

LEES OOK: AFRIFORUM STAAN STUDENT BY TEEN GESONDHEIDSBEROEPERAAD WAT GLO AFRIKAANSE GRAADSERTIFIKAAT WEIER

’n Verteenwoordiger van die raad het hom egter in kennis gestel dat die registrasieproses nie kan voortgaan nie, aangesien die sertifikaat in Afrikaans is.

AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey sê nadat ‘n prokureursbrief aan die raad van AfriForum se regsverteenwoordiger, Hurter Spies Ingelyf, geen resultate opgelewer het nie, is ’n semidringende hofaansoek teen die RGBSA ingedien. Die regsverteenwoordiger van die raad het nou skriftelik bevestig dat Genis geregistreer is. Die saak is dus teruggetrek.

“Ons is dankbaar dat die saak opgelos kon word, maar is bekommerd dat ’n klimaat bestaan waarbinne ’n amptenaar veilig voel om so ’n onwettige besluit te neem,” sê Bailey.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Opvolg: Raad aanvaar student se Afrikaanse sertifikaat, hy mag nou registreer


Luister nou

Volgende