Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: Opposisiepartye ontevrede met planne vir peperduur vlagpaal

12 Mei 2022

Die DA en die EFF is woedend oor die departement van sport, kuns en kultuur se vlagpaal wat glo teen R22-miljoen opgerig gaan word.  

Volgens die departement sal die vlagpaal 100 meter hoog wees en sal dit “tot nasiebou en samehorigheid bydra.”  R5-miljoen is opsy gesit vir geotegniese opnames en omgewingstudies en R17-miljoen is vir die oprig van die paal.  

Die DA het in reaksie op die planne gesê dat die party nasietrots ondersteun, maar veroordeel die feit dat belastingbetalers se geld daarvoor vermors moet word.

LEES OOK: DEPARTEMENT BEGROOT GLO R22-MILJOEN VIR REUSE VLAGPAAL AS “SIMBOOL VIR NASIETROTS”

Die DA-LP, Tsepo Mhlongo sê dié projek is niks meer as ‘n versiering nie en sal geen oplossing bied tot die land se talle probleme nie. “Trouens, hierdie projek is ‘n klap in die gesig van duisende kunstenaars en sportsterre wat sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie min tot geen finansiële ondersteuning by die regering gekry het nie.”

Ook die EFF het die projek veroordeel en meen dit is ‘n nuttelose besteding van belastingbetalers se geld. Die party sê dit is duidelik dat die departement, onder leiding van minister Nathi Mthethwa nié weet wat om met sy begroting te doen nie.

Volgens die EFF bewys die regerende party net weereens dat hulle nie weet wat belangrik is vir Suid-Afrikaners nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende