30 Desember 2021
Die liggame van die twee onderwysers van die Hoërskool Ellisras is vanoggend deur die polisie gevind.
Die 55-jarige Mariëtte Weber en haar sestig-jarige man, Mof het verdrink nadat hul motorboot Dinsdagmiddag oor die Mokolodam se wal tot in die Mogolrivier geval het. ‘n Elfjarige seun wat saam met hulle in die boot was, se liggaam is gister gevind naby wrakstukke van die boot.
LEES OOK: SOEKTOG DUUR VOORT NA TWEE ONDERWYSERS SE BOOT OMSLAAN
Die hoof van die Hoërskool Ellisras, Adriaan Joubert het dit as een van die donkerste dae in die geskiedenis van die skool en die dorp beskryf. Die egpaar was sedert 1980 onderwysers by die skool.
Die polisie het tydens die soektog ook op die lykie van ‘n agtjarige kind afgekom wat in een van die sytakke van die rivier verdrink het.
