Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: Motoriste gemaan om N4 in Pretoria te vermy na transitorooftog

9 November 2022

Die polisie en ander nooddienste is nog op die toneel ná ‘n transitorooftog vanoggend op die N4.

Die voorval het omstreeks 10:00 plaasgevind in die omgewing van die Rossouwstraatafrit en die Gordon Verster-brug op die N4-oos.

Volgens ooggetuies het ‘n onbekende hoeveelheid verdagtes ‘n transitogeldwa opgeblaas en verskeie skote afgevuur. Dit is in hierdie stadium nie bekend of enige iemand tydens die voorval beseer is nie.

‘n DA-raadslid in die omgewing, Ben Chapman, sê motoriste word aangeraai om die area te vermy.

Klankkoerant-verslaggewer, Anton Meijer, wat tans op die toneel is het bevestig dat brandweerdienste ook opgedaag het nadat ‘n motor aan die brand geslaan het.

Foto’s: Anton Meijer en verskaf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende