Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: Metropolisie sê Pretoria-man is vroeër gewaarsku oor groentetuin op sypaadjie

15 September 2021

Die Tshwane Metropolisie (TMPD) sê dit is as ‘n metropolisie sy verantwoordelikheid om toe te sien dat bywette gehoorsaam word.

Die TMPD het gereageer op mediaberigte van ‘n Theresapark-inwoner, Joe Nkuna wat ‘n boete opgelê is weens ‘n groentetuin op sy sypaadjie. Dit het gister aan die lig gekom dat Nkuna ‘n boete van R1500 moet betaal asook sy groentetuin moet verwyder nadat metropolisie-beamptes sy huis besoek het.

Die TMPD sê dit is hulle plig om te reageer op enige klagtes wat ontvang word, ongeag die aard daarvan. Die metropolisie sê in ‘n verklaring dat hulle op 9 September ‘n klag oor Nkuna se groentetuin ontvang het omdat dit op die sypaadjie aangebring is en meen bywette maak dit duidelik dat sypaadjies nié vir die doel gebruik kan word nie.

LEES OOK: PRETORIA-MAN BEBOET VIR GROENTE OP SYPAADJIE

Volgens die TMPD het hulle Nkuna dieselfde dag gewaarsku om die tuin te verwyder, maar dat hy dit nie gedoen het nie, waarna die boete uitgereik is.

Die metropolisie meen luidens die wette kan sypaadjies nié versper word nie omdat dit vir voetgangers bedoel is en omdat dit openbare eiendom is. Die TMPD-woordvoerder, Isaac Mahamba sê hulle het in verbinding met Nkuna getree om hulle kommernisse met hom te bespreek.

“Nkuna het aan die media gesê dat sy vrou dié groente skenk, maar luidens sy sosiale media-inskrywings blyk dit asof van hierdie groente ook verkoop word,” sê Mahamba.

Mahamba sê Nkuna moet die boete teen Oktober betaal en indien hy dit nié doen nie sal ‘n datum gegee word vir hom om sy boete in die hof teen te staan.

Volgens die TMPD het hy ‘n sogenaamde adopt a spot-beleid waar mense aansoek kan doen vir gedeeltes in die stad waar sulke tipe projekte gedoen kan word.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende