6 Mei 2021
Die DA in Gauteng het die vinnige optrede van die polisie verwelkom nadat die party se leier in die provinsie, Solly Msimanga glo deur ‘n sakeman in Benoni aangerand is weens geld wat Msimanga hom na bewering skuld.
Dit kom nadat ‘n video ‘n kort ruk gelede op sosiale media versprei is waarin ‘n bebloede Msimanga verskyn. Die man wat die video neem beskuldig hom daarvan dat hy hom “geld van R1.5-miljoen skuld.” Msimanga word ook ‘n “leuenaar” en “dief” genoem.
Volgens die DA se voorsitter in Gauteng, Fred Nel hou Msimanga vol dat hy niemand geld skuld nie.
Nel sê die verdagte is glo ‘n vennoot van Msimanga se neef en dat die bakleiery ontstaan het toe Msimanga wou ingryp voordat sy familielid deur die verdagte aangerand is.
Volgens Nel is die man inhegtenis geneem, maar het intussen om verskoning gevra en bevestig dat Msimanga niemand geld skuld nie – ook nie aan hom nie.
Hy het ook aangebied om mediese onkoste of enige ander uitgawes van Msimanga te dek.
Is this the man that has panel beaten Solly's face? https://t.co/rO6lC2ZFvo
— Rre Kgosi (@Kgosetsile) May 6, 2021