14 Februarie 2022
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi sê hy het reeds met die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein se bestuur vergader oor ‘n bakleiery tussen leerlinge, wat Vrydag plaasgevind het.
Hy het ouers en leerlinge ‘n kort ruk gelede buite die skool toegespreek, te midde van ‘n betoging buite die skool. Leerlinge meen die voorval is rasgedrewe. Volgens Lesufi is dié gebeure onaanvaarbaar.
LEES OOK: KYK: SPANNING LOOP HOOG BY HOËRSKOOL NÁ BEWEERDE RASSEVOORVAL
Lesufi sê gesprekke sal gevoer word en vra dat ouers en ander organisasies nié na geweld oor gaan nie. ‘n Leerling het aan Lesufi gesê dat swart leerlinge glo deur wit seuns geteister word en voel dat die skool hulle nie beskerm nie.
Die jeugorganisasie, Bittereinders was ook daar en eis nou ‘n onafhanklike ondersoek na die gebeure.