9 Oktober 2023
AfriForum Jeug sê dis hy wat vanoggend plakkers by die ingange van die Universiteit van Pretoria (UP) se kampus in Hatfield geplak het “wat die kalklig plaas op rasse-uitsluiting en die universiteit se dubbele standaarde.”
AfriForum Jeug het die plakkers met woorde soos “blacks only” en “no whites allowed” by die ingange geplak. Dít kom nadat EFF-lede verlede maand wit studente verhinder het om toegang tot die kampus te kry.
Die jeugorganisasie eis al ‘n geruime tyd dat die EFF studente-organisasie gederegistreer word, maar kry glo geen reaksie van die UP nie.
Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum sê die UP se stilswye het gefrustreerde AfriForum Jeug-lede genoop om ’n nuwe benadering te volg om antwoorde uit die universiteit te kry.
LEES OOK: PLAKKERS VERSKYN OP UP-KAMPUS DAT WIT STUDENTE NIE TOEGELAAT WORD NIE
“Die plakkers is vanoggend (9 Oktober) vroeg by die ingange van die Hatfield-kampus opgeplak. ’n Reusedebat is binne enkele ure hieroor ontketen.”
Hy sê universiteitsbestuur het vinnig gereageer, die optrede veroordeel en met dissiplinêre stappe teen die persone wat die plakkers opgesit het, gedreig.
Volgens Boshoff is dit skokkend dat die universiteit so vinnig gereageer het op die plakkers, terwyl diegene wat hul skuldig gemaak het aan “werklike rasse-uitsluiting geen gevolge vir hul aksies dra nie.”
We strongly condemn and are deeply disappointed by the public relations stunt carried out by mischievous individuals, involving the placement of "no whites allowed" stickers on certain entrances of the Hatfield Campus. The University is firmly committed to upholding the… pic.twitter.com/m8JGGTG7b0
— University of Pretoria (@UPTuks) October 9, 2023