14 September 2022
Inwoners van Harrismith in die Vrystaat het stééds nie krag nie nadat daar op Maandag, 5 September by die substasie ingebreek is, en volgens berigte wil dit voorkom asof daar nie binnekort lig aan die einde van die tonnel is nie.
Die voorsitter van die Harrismith, Intabazwe en Tshiamane se Inwonersvereniging (HIT), Willem König sê die kragtoevoer is Maandag tydelik herstel, maar die substasie het enkele ure later weer ontplof.
LEES OOK: HARRISMITH-INWONERS REEDS AGT DAE SONDER KRAG
Volgens hom moes die organisasie al verskeie kere teen die Maluti-a-Phofung-plaaslike munisipaliteit optreë en dispute verklaar weens verskeie diensleweringskwessies.
Hy sê die organisasie en ander besighede het gistermiddag met die stadsbestuurder vergader om hulle finansiële hulp aan te bied sodat die kragtoevoer herstel kan word. Volgens hom win HIT tans regshulp in.
König het met Anton Meijer in Klankkoerant gesels oor die kwessie. Luister hier: