Opvolg: EFF gun SAHPRA sewe dae om op party se eise te reageer


Luister nou

Volgende

Opvolg: EFF gun SAHPRA sewe dae om op party se eise te reageer

25 Junie 2021

Die EFF het die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid – SAHPRA – sewe dae gegun om op hulle eise te reageer, anders gaan hulle buite die huis van die owerheid se raadsvoorsitter, Helen Rees kamp.

Die party het deur die loop van die dag na SAHPRA se kantore in Pretoria opgeruk weens hulle bewering dat die owerheid net sekere entstowwe goedkeur en dat hy onder politieke druk van Westerse lande swik om te sloer met die goedkeuring van entstowwe van China en Rusland.

https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1408417268309057537

SAHPRA het gister gesê hy is besig om die aansoeke van die entstofvervaarigers te verwerk, en sal eers seker maak dat die produkte veilig is vir gebruik.

Die EFF se leier, Julius Malema het hul memorandum aan SAHPRA se uitvoerende hoof, dr. Boitumelo Semete Makokotlela oorhandig.

LEES OOK: EFF-OPTOG: POLISIE WIL GLO KRIMINELE KLAGTES AANHANGIG MAAK

Die polisiewoordvoerder, kolonel Brenda Muridili het bevestig dat hulle strafregtelike klagtes aanhangig gaan maak teen die sameroeper van die optog, maar sal later vandag weet watter aanklagte presies ingedien gaan word.

Die huidige inperkingsregulasies bepaal dat daar nie meer as 100 mense buitelig byeenkomste mag bywoon nie. Na raming was daar egter sowat 2000 EFF-lede by die betoging.

Intussen het die DA gesê dat president Cyril Ramaphosa en die regering se inentingsprogram wel besig is om te misluk, maar dat “superverspreider-betogings” nié die situasie help nie.

Die party meen daar is meer as 70 000 aktiewe Covid-19-gevalle in Gauteng en dat vandag se betoging uiters onverantwoordelik was.

https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1408424452761731076

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Opvolg: EFF gun SAHPRA sewe dae om op party se eise te reageer


Luister nou

Volgende