6 Januarie 2022
Australië het aangedui dat hy nie die wêreld se nommer-een tennisspeler, Novak Djokovic, onmiddelik gaan deporteer nie.
Tydens ‘n hofsitting om teen die staat se terugtrek van Djokovic se visum te appelleer, het die staats-prokureur, Christopher Tran gesê daar is geen planne om die Serwiër voor sy hofverskyning Maandag uit die land te sit nie.
Die land se grensowerheid het Djokovic se visum gekanselleer en hom toegang geweier met sy aankoms vroeër.
LEES OOK: NOVAK DJOKOVIC SE VISUM GEKANSELLEER
Die agentskap sê die sportman het glo versuim om toepaslike bewyse te verskaf om aan toegangsvereistes te voldoen.
Die Serwiër het ’n mediese vrystelling van COVID-19-inenting gekry om in die Australiese Ope tennistoernooi deel te neem – wat oor minder as twee weke begin.
Djokovic is van Melbourne se Tullamarine-lughawe na die Park Hotel geneem waar hy voorlopig in ‘n regerings-aanhoudingsgerief – wat berug is vir verskeie koronavirus-uitbrake – gehuisves sal word