5 Mei 2022
Verwarring heers tussen die departement van gesondheid en die departement van onderwys oor die dra van maskers by skole.
Volgens ‘n verklaring deur die departement van gesondheid moet mense steeds binnenshuis maskers dra, maar dat skoolkinders van dié reëling kwytgeskeld word.
In die regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, word daar egter nie melding gemaak van enige sodanige artikel nie.
LEES OOK: MASKERS NIÉ MEER NODIG BY SKOLE NIE
‘n Onderafdeling in die publikasie meld wel dat alle basiese onderwysinstellings kwytgeskeld word van regulasies wat verband hou met binnenshuise byeenkomste.
Die departement van onderwys het op sý beurt gevra dat daar meer duidelikheid oor die gesondheidsregulasies verskaf moet word.
Volgens Elijah Mhlanga – ‘n woordvoerder van die departement van basiese onderwys – sal hulle skole maan om op die regulasies in die Staatskoerant ag te slaan terwyl daar vir duidelikheid van die departement van gesondheid af gewag